Ons rig ons tot u, die leraar en kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in u gemeenskap, as kerk in die volle sin van die woord. Dit kan ons sê omdat ons weet dat daar by u die Woord suiwer verkondig word, die sakramente getrou bedien word en die tug in liefde toegepas word, terwyl […]
Dis die oggend van 1 November net voor 10uur by die NG Gemeente Kuruman. Daar is ’n klompie vreemde gesigte in die erediens. Energie en opgewondenheid is in die lug. Vanoggend word die eerste groep “studente” bekendgestel as Bedienaars van die Woord. Prof. Nelus Niemandt lei die erediens uit Lukas 10 en gestuurdes weerklink in […]
Op 24 Oktober word daar gefokus op Wêreldpoliodag. Ons lees oor die wonderwerk van polio-uitwissing stuk vir stuk, bietjie vir bietjie. Op 25 Augustus 2020 het die Wêreld Gesondheids Organisasie die uitwissing van die Tipe 3 (wilde poliovirus) in Afrika aangekondig. Dit was ’n lang, en moeilik reis, maar niemand het opgehou werk nie. Die […]
Dorothy-Anne deel met die lesers van eNuus Noord-Kaapland insiggewende inligting oor gidshonde en COVID-19. Gidshonde is nie troeteldiere nie. Hulle het ’n kritieke rol, want hulle is “werkende honde” of “siende honde”, om persone wat blind is of gedeeltelike sig het in staat te stel om hindernisse te vermy en veilig, selfversekerd en onafhanklik te […]
Vanzylsrus is nog die een oomblik besig om fondse in te samel en mense te mobiliseer om te help om verligting te bring vir die uitmergelende droogte dan is die volgende pandemie hier. Totale inperking is een van die goed wat die mense in die Kalahari gedink het net in geskiedenisboeke of in die buiteland […]
Dorothy-Anne Howitson is ’n geregistreerde berader en bekende in Kimberley. Sedert 1993 beywer sy haar om bewustheid oor die behoeftes van gestremde persone te bevorder asook die struikelblokke wat gestremde persone die hoof moet bied. Sy het al verskeie humanitêre toekennings ontvang. Dorothy-Anne is tans die voorsitter van die Association of & for Persons with […]
Almal weet nou al van die droogte. Ek glo baie mense besef nou al ’n bietjie meer wat die uitdagings is wat ’n boer in die gesig moet staar met so ’n lang, uitgerekte en knellende droogte. Hoewel daar goeie reën geval het die afgelope maand, is dit nog geensins genoeg om hierdie knellende droogte […]
In een van die Red-’n-Plaas onderhoude die afgelope tyd op Amore Bekker van RSG se program, Alhoebekker, het ek een môre my belewenis rondom hierdie projek probeer verwoord met Jesus se twee kort gelykenisse Matteus 13:31-33. “Die koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit […]
As dit met jou kinders goed gaan, gaan dit met jou goed. Hoe kry ’n ouer dit reg om die spanning van kinders af weg te hou dat daar nie meer geld is vir skool, koshuis of universiteit nie. Selfs vir sport toerusting en skool benodighede, om nie eers te praat van sakgeld nie. Dis […]
Finale aankondiging! Vlug Goue Tee 2019 van Loxton Lugredery is op pad om te vertrek. Alle passasiers moet asseblief hul sitplekke inneem sodat die reis kan begin. So het ’n eerlike oggend op Saterdag 9 November 2019 begin toe die senior burgers van Loxton getrakteer is met ’n reis om die wêreld. En wat ’n […]
Op Sondag, 8 September 2019 het Annekie Teessen, ’n onderwyseres van Upington, vir elke boervrou in die Kenhardt distrik ’n geskenkpakkie afgelewer. Sy het die projek geloods, nadat sy besef het dat die boere nie die enigste slagoffers van die vernietigende omstandighede (droogte) is nie, maar ook boervroue, kinders, plaaswerkers en ook dorpenaars wat afhanklik […]
Op 1 Desember 2018, het die NG Kerk Loxton Vrouediens ’n Goue Tee vir die seniors in ons dorp aangebied. En was dit nie ’n vrolike oggend nie. Die sowat 20 seniors is by die deur deur die twee Nel kindertjies ontmoet en elkeen het ’n kleurvolle “lei” om die nek gekry. Dit was net […]
Na besoek uit Nederland van verteenwoordigers van die “Kinderfonds Mamas Projek” in Suid-Afrika aan Caritas Gemeenskapsfokus NPC in 2017, was ons verras en baie dankbaar dat hierdie organisasie besluit het om deur middel van die VKO Sentrums van Caritas by die kinders van die Noord-Kaap betrokke te raak. Daar is besluit om kinders in vyf […]
Die doelstelling met VKO Sentrums is om die ontwikkeling van die kind vanaf ’n baie vroeë ouderdom te stimuleer ten einde sy/haar volle potensiaal te bereik en ’n positiewe bydrae te lewer tot die gemeenskap waarin hulle hul bevind. Ten einde hierdie doelstelling te bereik word daar gefokus op ’n holistiese benadering van die kind […]
Taakspan NGK Vroue het op 18 Augustus 2018 vergader om onder ander reëlings vir die Sappige Vroue-Wegbreek (Vrouefees) te tref. Kom verkwik jou lagspiere, siel en gees. Pretprater en lewensgids Elsabe Aldrich blom tydens sulke naweke met meer tyd om werklik lewensverandering te bewerk. Sy bied altesaam vier Sappige Sessies van pitkos en pret aan. […]
Leef met hart en siel – briekloos vir Christus. Wat ’n wonderlike uitdaging vir 2018. Hier in ons area is dit plek-plek horingdroog, plek-plek half droog en plek-plek is daar inwoners wat breed glimlag. Ons leef egter steeds met hart en siel en wag vir daardie algemene diepnat en reën wat sommer sjor! Die Goeie […]
“Save the Date” Vrouefees te Deo Gloria (Barkly-Wes) 14-16 September 2018 Met die Sappige Vonkelvrou Elsabé Aldrich Moet dit nie misloop nie! Inskrywings open April 2018 Taakspan NGK Vroue van die sinode in Noord-Kaapland bied elke tweede jaar ’n Vrouefees aan. Vanjaar is die dames van die ring van Upington en ring van Kenhardt verantwoordelik […]
Die Vrouediens van die Ned. Geref. Kerk Loxton het op Saterdag 16 September 2017 in ringsbyeenkoms vir Vrouedienste van die ring van Carnarvon aangebied. Die volgend gemeentes was teenwoordig: Loxton, Carnarvon, Vosburg, Brandvlei, Vanwyksvlei en Williston. Die Vrouediens van die Ned. Geref. Kerk Loxton het besluit om ’n ringsbyeenkoms te hou vir al die vroue […]
Algemene navrae
Tel: 053-832 9581/2
e-Pos: admin@noordkaapland.co.za
Hospitaal Oornaghuis
Tel: 053-832 7237
e-Pos: jan@caritas.org.za
Konferensiegeriewe
Tel: 053-832 7237
e-Pos: jan@caritas.org.za
Terapiesentrum
Tel: 087 150 5058/9
e-Pos: terapiesentrum@caritas.org.za