Uit Die Beek 20
Prys: R175,00
Koop hier

Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ’n staatmaker in menige huis geword. Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek met ’n nuwe invalshoek en uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gegrond. Dit maak hierdie geliefde Bybeldagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ʼn besonderse tyd van geestelike groei wees sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Dr. Barend Vos is ’n erkende Christenskrywer en predikant. Hy is onlangs met ’n ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories bekroon. Hy het al verskeie boeke uitgegee, van dagstukke tot fiksie en romans met Bybelverhale as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir sy boek Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.
Die goeie nuus vir gemeentes is dat Bybel-Media hierdie gewilde dagboek – Uit die Beek 2018 – met ’n uitstekende afslag aanbied.
Koop 5 dagboeke en kry die 6de een gratis! Só kan jy aan jou gemeentelede Uit die Beek teen minder as die rakprys aanbied.
Vir meer inligting en bestellings, kontak asseblief Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za