Na ’n paar jaar van swoeg en sweet is Caritas Gemeenskapsfokus se resepteboek uiteindelik hier! 50 Boerekosgeregte is die naweek bekendgestel deur die bekende reisiger-skrywer, Dana Snyman (wat ook die voorwoord gedoen het). Die resepteboek word uitgegee deur Lapa Uitgewers en is beskikbaar teen R160 by meeste boekwinkels asook op Lapa Uitgewers se webtuiste. Skakel gerus vir Esté by 087 150 5041/3 vir meer inligting.
Lapa Uitgewers het die volgende te sê oor die lekker resepteboek:

Lekker kos is deel van Suid-Afrika se koserfenis en tradisionele boerekos beteken vir meeste mense huiskos, soos net jou ma of ouma kon voorberei.
50 Boerekosgeregte is ’n samestelling van goed-beproefde resepte uit die kombuise van die Vroue Landbouvereninging van die Noord-Kaap – dus is daar resepte vir weeksdag-etes, spesiale geleenthede en familiesaamtrekke.

(Esté van der Merwe: Bemarkingsbestuurder – Caritas Gemeenskapsfokus)