Ds. Rethie van Niekerk, predikant van die NG gemeente Somerstrand in Port Elizabeth, is die skrywer van Saamkleurpret – gedagtes en inkleurprente oor wat ons glo.
In haar navorsing oor invloedryke reformatore soos Luther, Calvyn en Zwingli, vind sy verhale van vroue wat leiers van die Reformasie was.
e•Kerkbode: 8 September 2017 het ’n lekkerlees artikel daaroor geplaas wat ek graag met julle deel:
Katharina von Bora
Die stories oor hoe Katharina von Bora (1499-1550) vir Martin Luther ondersteun het, is legendaries. Sy was egter ook ’n leier in haar eie reg, wat bygedra het daartoe dat die samelewing vroue as gelykwaardig begin sien het. Vandag dink baie aan haar as die moeder van die Reformasie. Sy het geboer, ’n gastehuis en konferensiesentrum bedryf en handel gedryf. Sy word, met Luther se dood, die eerste vroulike erfgenaam.
In my soeke na nuwe stories van hervormers, ontdek ek dat Von Bora haar plek volstaan as deel van ’n skare vroulike hervormers wat self ook ’n leidende rol in die Reformasie gespeel het. Daar blyk twee tipes vroulike leiers in die Reformasie te wees: vroue wat leiers was weens hul huwelik met ’n hervormer, of adellike vroue wat hulleself vir die Reformasie beywer het.
Jy kan meer oor Jeanne d’Albret, Anne Askew en Katharina Schütz Zell lees by e•Kerkbode: 8 September 2017
(Met erkenning aan Neels Jackson – e•Kerkbode)