Wat is dan lekkerder as opregte lofprysing en sang onder die Kalahari-sterre op ’n Vrydagaand?
Manne wat Glo het Vrydagaand 3 November by Burgersbos (’n onthaalplek ongeveer 5 km buite Kathu) kom optree.
Almal kon vooraf kuier met ’n hamburger en koeldrank in die hand.
Jan de Wet, Willie Joubert, Rudi Muller en Leon Ferreira het almal bekoor met hul sielsverrykende sang en talent.
Ons loof die Here vir dié mooi geleentheid.
(Ernalize du Toit: skriba en kommunikasie – NG Kathu)