Die Reformasiefeesvieringe in Kathu was ’n groot hoogtepunt met NG Kerk Kathu, die Gereformeerde Kerk Kathu, die Hervormde Kerk Kathu en die AP Kerk Kathu wat hande gevat het om dié spesiale geleentheid te vier.
Al die kerke het ’n deel van die program behartig, waarna gospelsanger Piet Smit die gemeentelede gelei het in die vyf Solas met bypassende liedere.
Elke gemeente het ook ’n boom ontvang wat hulle op hul kerkterrein kan plant.
Ná die geleentheid het al die gemeentes saamgekuier in die kerksaal en heerlike verversings geniet wat die gemeentesusters voorberei het.
(Ernalize du Toit: skriba en kommunikasie – NG Kathu)