Ds. Faani Engelbrecht, bestuurder van Bybel-Media Musiek, getaak met musiekbediening in die NG Kerk – wat m.a.w. Liedboek, Flam en VONKK insluit, het die sinodale kantoor gekontak in verband met ’n Musiekbediening-kursusvir predikante en musiekleiers.
Afhangende van die belangstelling kan dit moontlik te Upington en Kimberley aangebied word – dit sal afhang of daar ’n minimum van 10 gemeentes by elke venue inskryf.
Na 21 Mei sal die sinodale kantoor bevestig of daar genoeg belangstelling is vir die kursus en of dit gaan plaasvind asook die dorp en venue.

Musiekbediening-kursus
Die Musiekbediening-kursus word op 18 Junie 2018 in Kimberley en op 20 Junie 2018 in Upington aangebied teen ’n inskrywingsfooi van net R750 (wat die Brandhout Multitracks pakket met liedere insluit).
Meer inligting:
Die beste pizza-plekke gee aan jou die geleentheid om jou eie pizza te bou, want:
• as jou gesin soos my gesin is, hou die een van sampioene, maar nie van pynappel nie;
• die ander een verkies spinasie, terwyl die ander een ’n karnivoor is wat net vleis en ekstra kaas verkies.
Musiekbediening werk mos maar dieselfde.
• Jou gemeente verkies om geen dromme te hê nie, maar hulle sal heerlik saam met ’n kitaar sing.
• Die buurgemeente kan nie sing sonder elektriese kitare en techno-klanke nie.
• Vir gemeentes wat aangewese is op ‘backtracks’, kan dit egter moeilik raak, omdat jy eenvoudig moet vat wat jy kan kry.
Brandhout Multitracks is ’n rekenaarprogram en liedere (multitracks) wat jy self kan opstel en manipuleer volgens jou gemeente se eiesoortige behoeftes. Jy kan selfs die toonhoogte en tempo van die lied bepaal!
• Hierdie kursus word aangebied deur Ds. Faani Engelbrecht – in samewerking met Bybel-Media se kantoor vir kerkmusiek.
• Dieselfde kursus sal twee keer op 18 Junie 2018 in Kimberley en twee keer op 20 Junie 2018 in Upington aangebied word. Kursusgangers kan kies of hulle die oggendsessie tussen 09:00 en 13:00 wil bywoon of die aandsessie van 18:00 tot 22:00. (Die oggendsessie sluit verversings in en die aandsessie sluit ’n ligte aandete in.)
• Die kursus kos R750, maar sluit ’n pakket met liedere en die rekenaarprogram (ter waarde van R2,000) in!
• Die bonus is dat ’n tweede en derde (of meer) inskrywing uit dieselfde gemeente net R100 betaal, omdat die pakket gedeel word.
Kursusgangers moet hulle eie rekenaars en oorfone bring (’n tablet sal nie werk nie en Apple nie verkieslik nie).
• Faani sal die program stap vir stap verduidelik en jou wys hoe om dit uiteindelik in jou musiekbediening in te span.
• Daar is net spasie vir 15 rekenaars per sessie – voorkeur sal gegee word aan die gemeentes wat eerste bespreek en betaling maak.
Wie sal baat vind hierby?
• Enige predikant of musiekleier wat al ooit gesukkel het om ’n musiekbedieningspan op die been te bring.
• Gemeentes wat glad nie ’n musiekbediening het nie, wat graag Flam-liedere wil sing en aangewese is op backtracks.
VBO-punte: 5
Inskrywing
Indien jy die kursus wil bywoon moet jy vir Fernette die sinodale kantoor voor 21 Mei skakel. Skakel asseblief 053-8329581 en bevestig op watter datum (plek) en tydsgleuf jy die kursus wil bywoon.
Datum
18 Junie (Kimberley)
20 Junie (Upington)
Tyd
09:00 tot 13:00
of
18:00 tot 22:00
Na 21 Mei sal die sinodale kantoor bevestig of daar genoeg belangstelling is vir die kursus en of dit gaan plaasvind asook die dorp en venue.