Drie kinders onder die ouderdom van 5 jaar het ook die konferensie (Om te oorleef of om te oorwin: Kerkwees in Noord-Kaapland) op 18-20 Julie bygewoon.
Wat maak ’n mamma, wat terloops ook ’n leraar is, met haar kindjie as sy ’n kerklike byeenkoms bywoon – veral as die pappa ook die geleentheid bygewoon.
’n Ouma het aangebied om kinderoppasser tydens die konferensie te wees. Al ons dank aan Maria Human, vanaf Prieska, wat dit moontlik gemaak het dat “mamma dominees” onbevange en gerus die konferensie kon bywoon.
Foto: Jasmine Werner, Jacobus Nel, Marizanne van der Merwe en Maria Human.