Die sinode in Noord-Kaapland wil vir Caritas Gemeenskapsfokus NPC en in besonder vir me. Judith de Villiers, Programbestuurder: Caritas Gemeenskapsontwikkeling, gelukwens met ’n besondere mylpaal.
Na baie jare se harde werk het Caritas Gemeenskapsfokus NPC nou ’n eie praktiese, gebruikersvriendelike VKO-handleiding (VKO = Vroeëkindontwikkeling).
Me. Judith de Villiers staan hier trots met die handleiding.
Judith het ’n reuse-tak verrig deur hierdie “eerste” daar te stel. Tog is sy die eerste een om te sê dat dit ’n spanpoging is en dat hierdie produk eintlik nooit afgehandel kan wees nie.
Hierdie handleiding sal sekerlik bydra met die uitleef van Caritas Gemeenskapsfokus NPC se vissie, naamlik “die heling van die mens in sy gemeenskap” en om verandering te bring in die lewens van kinders deur dienste van ’n hoë gehalte in Vroeëkindontwikkeling Sentrums te bied.