Yonder gaan die Yonder Hartsfees in die tydgleuf van die Gariepfees aanbied. Nadat die Direksie van die Gariepfees aangekondig het dat hulle nie meer die Gariepfees gaan aanbied nie, het ons dit as ’n ideale geleentheid gesien om ’n fees aan te bied op die terrein van Yonder. Baie van ons gemeentes het staatgemaak op die Gariepfees as deel van hul fondsinsameling en nou is daar geen feeste nie.
Ons wil graag vir die mense van Kimberley wys dat ’n persoon met ’n gestremdheid ’n geleentheid vir die publiek kan aanbied wat niks kort van ’n ware fees is nie. Ons wil ’n geleentheid skep waar plaaslike talent kan skouers skuur met nasionale talent, waar plaaslike besighede ’n geleentheid kan kry om fondse te genereer hetsy deur verkope op die terrein of deur besigheid wat die besoekers na Kimberley bring.
Die feeskomitee is reeds saamgestel en menige rolspelers in die sakesektor van Kimberley is opgewonde om Yonder se hande te sterk en saam te werk om ’n sukses van die spesiale inisiatief te maak. Die fees gaan op Yonder se terrein aangebied word en sal ’n eg Noord-Kaapse geur en karakter hê onder die skadu van die Kameeldoringbome. Die organiseerders beplan ’n program wat die hele gesin betrek en vermaak, lekker kos, lekker musiek, kunstenaars en ’n jaarlikse kuier soos net Kimberley kan.
Die volledige program sal mettertyd aan u deurgegee word. “Save the Date 29 Augustus 2019 tot 1 September 2019”. Indien u enige navrae het, kontak gerus die kantoor by (053)841 0537 – Aletta of Chris Human sel:082 305 3846.
Vriendelike groete.
Jannie van Zyl
Tel: (053) 841-0532/7/8/9/Fax: 086 710 5957
PO Box 287, Kimberley.8300
Email: jannie.yonder@gmail.com
(Jannie van Zyl – Direkteur Noordkaap Geestesgesondheidsvereniging)