Op 1 Desember 2018, het die NG Kerk Loxton Vrouediens ’n Goue Tee vir die seniors in ons dorp aangebied. En was dit nie ’n vrolike oggend nie.
Die sowat 20 seniors is by die deur deur die twee Nel kindertjies ontmoet en elkeen het ’n kleurvolle “lei” om die nek gekry. Dit was net die begin van hierdie heerlike tuin kuier.
Die geleentheid het in 2017 begin en dit sal nou elke jaar gebeur. Foto’s is geneem van elkeen met verskillende “maskers” op, lippe, snorre, brille – almal het so lekker gelag en saam gespeel. Daar was ’n groot verskeidenheid verversings vir elke smaak. ’n Jong man wat saam gekuier het, het gesê dat hy nooit geweet het dat “ouer” mense hulle so gate uit kan geniet, lekker laf kan wees en uit die maag kan lag nie – dit was vir hom ’n wonderlike ervaring.
Die seniors sien alreeds baie uit na die 2019 Goue Tee. Ons hoop dat diegene wat hierdie keer dit nie kon bywoon nie in 2019 daar sal wees.
(Trudie Meintjes – NG Kerk Loxton)