Op 24 Oktober word daar gefokus op Wêreldpoliodag.
Ons lees oor die wonderwerk van polio-uitwissing stuk vir stuk, bietjie vir bietjie.
Op 25 Augustus 2020 het die Wêreld Gesondheids Organisasie die uitwissing van die Tipe 3 (wilde poliovirus) in Afrika aangekondig. Dit was ’n lang, en moeilik reis, maar niemand het opgehou werk nie.
Die Global Polio-uitwissingsinisiatief (GPEI) het met passie, geduld en  nimmereindigende deursettingsvermoë vorentoe gebeur. Sonder ophou was hulle besig om die infrastruktuur te ontwikkel wat ’n enorme impak op die wêreld gesondheid het.
Polio is ’n verlammende en potensieel dodelike aansteeklike siekte. Daar is geen genesing nie, maar daar is veilige en effektiewe entstowwe. Polio kan voorkom word deur inenting.
Daar is drie verskillende poliovirus tipes: Tipe I, Tipe II en Tipe III.
Hulle kan jou op dieselfde tyd of verskillende tye besmet. Elke poliovirus-tipe vereis ’n aparte polio-entstof – gemaak van elk van die drie virusse vir die spesifieke teenliggame – wat nodig is om elke tipe teen te werk.
So, as jy ’n gegewe tipe poliovirus gehad het, sou jy genoeg teenliggame hê om nie weer siek te word of ’n draer van daardie poliovirustipe te wees nie.
Dit is onwaar dat elk van die drie polio’s ’n ander soort polio veroorsaak.
Maar daar is verwarring wanneer mense praat oor die drie tipes polio. Die drie tipes verwys na die kliniese effekte van enige poliovirus.
Die 3 tipes tas sekere dele van die sentrale senuwees aan, naamlik:
· Tipe 1 – asemhaling en sluk (“bulbar”),
· Tipe 2 – ledemaat verlamming (“ruggraat”) of
· Tipe 3 – beide bulbar en ruggraat simptome (“bulbar spinale”).
Almal wat verlammende polio gehad het, het ’n mate van skade aan hul ruggraat en breinstam (die “gloeilamp” van die brein).
So almal wat verlammende polio gehad het, en baie wat polio gehad het, maar glad nie simptome getoon het nie (dikwels na verwys as “nie-verlammende polio”), het, wel bulbar en ruggraatpolio gehad.
Belangrikste raad:
Sorg dat elke kind sy/haar polio inenting kry.
Ons moet polio in die wêreld uitwis. Ons is amper daar
Verwysings
1. www.papolionetwork.org/  dated 2020/10/05
2. The Polio Paradox by dr. Richard Bruno (page 22) + {chap 17}
(Dorothy-Anne Howitson – polio oorwinnaar)