Ons kan kwalik sing: “Skenk ons ’n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer”, sonder dat ons dink aan diegene wat nog steeds gebuk gaan onder die langdurige droogte. Saam met ons boeregemeenskappe droom ons van ’n nat Kersfees… dit sal wees soos vrede onder die Suiderkruis.
Ons is so dankbaar dat ons met die sinode in Noord-Kaapland se droogtehulp projekfonds die mooi bedrag van R10 690 443 ontvang het. Baie dankie vir elkeen wat ons die afgelope twee jaar mildelik ondersteun het. R9 949 100 is aan gemeentes, die studente droogtehulpfonds (SDHF) en Agri NK uitbetaal vir hulpverlening.
Ons ondersteun steeds boerderygemeenskappe, want inderdaad is daar nog groot behoefte aan hulp ten spyte van die reën in sekere dele.
Ons is nou al geruime tyd aan die gang met die bemarking van ons RED ’N PLAAS hemde ten einde fondse vir die droogtehulp projekfonds te in te samel. Kom ondersteun hierdie projek. So help ons om dit Kersfees te maak vir ’n gesin.
Wil jy graag hierdie Kersfees ’n ‘haan onder die henne’, ‘katjie van die baan’ of ‘pure perd’ voel?
Kry vir jou een van ons immergewilde RED ’N PLAAS hemde by KLK dié feestyd en help sommer ons boeregemeenskappe in die droogtegeteisterde dele ook.
Mans en dames snitte is beskikbaar in 3 kleure teen slegs R295 (BTW ingesluit). Koerier koste ekstra.
Beskikbaar by KLK se Upington, Kuruman en Calvinia Handelstakke. Of kontak vir Liezel Kotze by [email protected] om joune te bestel.
Alle fondse is ten bate van “Red ‘n Plaas” projek.
Vrywaring: Die twee jakkalse, ‘skuus…., Kersvaders en lammetjies is nie ingesluit by promosie nie.
(Foto v.l.n.r. Di. Christo Jonck en Kobus van Tonder)