Noord-Kaapland

09Sep 2018

Die sinode in Noord-Kaapland wil vir Caritas Gemeenskapsfokus NPC en in besonder vir me. Judith de Villiers, Programbestuurder: Caritas Gemeenskapsontwikkeling, gelukwens met ’n besondere mylpaal. Na baie jare se harde werk het Caritas Gemeenskapsfokus NPC nou ’n eie praktiese, gebruikersvriendelike VKO-handleiding (VKO = Vroeëkindontwikkeling). Me. Judith de Villiers staan hier trots met die handleiding. Judith […]

09Sep 2018

Die ring van Warrenton het op 3 September 2018 te Jan Kempdorp vergader. Die ring bestaan uit 6 gemeentes. Ons spot dikwels en sê dit is nie ’n ring nie, maar ’n string. Rede: Bykans al die gemeentes, behalwe 2, lê in ’n reguit lyn, ±10 km van mekaar. Die ring het tydens die eerste […]

27Aug 2018

Dit gaan baie sleg met ons kinders in Suid-Afrika. Kinders word elke jaar in Suid-Afrika aan kindermishandeling blootgestel. Die Noord-Kaap het die hoogste aantal aanmeldings per 100,000 mense van kinders wat seksueel misbruik word. Klein lyfies wat vir stukkend gelos word deur grootmense wat hulle moet beskerm en veilig hou. By Caritas Terapie Sentrum is […]

19Aug 2018

Die Ned Geref. Kerk in Noord-Kaapland het noue bande met die Dutch Reformed Church in Botswana (DRCB). Op 17 Augustus 2018 het ’n gesamentlike skakelkommissie, genaamd die Liaison Committee, vergader. Die vergadering het te Kimberley plaasgevind. Van tyd tot tyd vind besoeke tussen die leiers sowel as ander lede van beide sinodes plaas – die […]

19Aug 2018

Feestema: “Die vyftigste ‘jubileum’ herinner ons aan die ou Joodse ‘jubeljaar’. Elke vyftigste jaar het hulle hul vryheid gevier, die grond laat rus en slawe vrygestel (Lev. 25). Jesus het dalk presies dit in gedagte gehad toe Hy die ‘genadejaar van die Here’ (Jes. 61:1-2) aangekondig het (Luk. 4:18-19). Die herstel van alles wat deur […]

30Jul 2018

Dankie JONK NK vir die geleentheid! Na ’n hele klomp uitdagings het ons Nel-gesin van NG Kerk Hartskroon en ds. Neeltjé van Staden van Kuruman Moedergemeente saam met vyf ander tieners op Saterdag 7 Julie na Tsabong (Botswana) vertrek. Die uitreik na Tsabong is ingekleur deur ’n wonderlike ontmoeting met ds. TC du Toit, Linda […]

30Jul 2018

Voetspore van Hoop in Griekwastad is ’n nie-winsgewende organisasie met ’n geregistreerde NPO nommer. Ons is tans in die begin fase van die projek en het in April ons ECD sentrum geopen (Vroeë kinderontwikkeling). Die ECD leerplan van Caritas Gemeenskapsfokus word as opleidingsprogram vir die fase gebruik en ons het ook ’n samewerkingsooreenkoms met Caritas […]

23Jul 2018

Drie kinders onder die ouderdom van 5 jaar het ook die konferensie (Om te oorleef of om te oorwin: Kerkwees in Noord-Kaapland) op 18-20 Julie bygewoon. Wat maak ’n mamma, wat terloops ook ’n leraar is, met haar kindjie as sy ’n kerklike byeenkoms bywoon – veral as die pappa ook die geleentheid bygewoon. ’n […]

23Jul 2018

’n Konferensie het op 18-20 Julie 2018 te Deo Gloria (’n kampterrein naby Barkly-Wes) plaasgevind met die tema: Om te oorleef of om te oorwin: Kerkwees in Noord-Kaapland. Die wêreld praat ons bang. Ons hoor en sien hoe plattelandse dorpe agteruitgaan. Ons lidmate is bekommerd wanneer predikante aftree en hulle wonder of die gemeente nog […]

21Jun 2018

Dit is met hartseer dat ek die nuus meedeel dat Pappa Daniel Epalanga op 16 Junie 2018 oorlede is. Wie is Pappa Daniel? Ek deel onderstaande inligting oor Daniel asook die Portugeessprekende gemeenskappe waarby die sinode in Noord-Kaapland betrokke is. Die Ned. Geref. Kerk Angolana (Portugese gemeente) se wyk in Mafikeng het ’n versoek gerig […]