Dienste

In Noord-Kaapland is ons dit eens dat die klem in die Kerk, op die gemeentes en ringe moet moet val. Dit is waar die lidmate aan die werk is en die kontak met die wêreld plaasvind. Die sinode waak daarteen om werk na hom toe te trek wat by ringe en gemeentes tuishoort.
Die tradisionele siening van ’n hiërargiese struktuur, waar sake van “bo” tot “onder” geskied, is in Noord-Kaapland omgekeer. “Nie meer ’n piramide nie, maar ’n kelk, waarin die blomme (gemeentes/ringe) geplaas kan word”.
Skematies kan die verhouding tussen sinode, ringe en gemeentes as volg voorgestel word:

Die sinode het die volgende kommissies benoem:

  • Sinodale kommissie vir bedieningsondersteuning (SKBO)
  • Sinodale kommissie vir hulpdienste (SKHD)
  • Sinodale kommissie vir diens en getuienis (SKDG)
  • Sinodale kerkordekommissie (SKOK)