Caritas Gemeenskapsfokus het 14 Vroeëkindontwikkeling Sentrums in die Noord-Kaap en Noord-Wes provinsies. Die sentrums is in die armste, agtergeblewe en mees afgeleë gebiede. Caritas Gemeenskapsfokus help die kinders om op kognitiewe, emosionele en sosiale vlakke te ontwikkel. Die AmazingBrainz-program wat deur ’n neuro-wetenskaplike, dr. Etienne van der Walt ontwikkel is, voorsien in hierdie behoefte.
Met sy visie, naamlik “die heling van die mens in sy gemeenskap”, streef Caritas Gemeenskapsfokus om verandering te bring in die lewens van kinders deur dienste van ’n hoë gehalte in Vroeëkindontwikkeling Sentrums te bied. Caritas Gemeenskapsfokus glo dat die ontwikkeling van die kind nie net gegrond is op motoriese-, kognitiewe-, perseptuele- en sosiale stimulering om leerkapasiteit te ontwikkel nie, maar dat die emosionele behoeftes van die kind ook aangespreek moet word. Terapeutiese dienste word ook aangebied om te help met die kinders se heling. Aangesien die ouers van hierdie kinders net so ’n groot rol in holistiese ontwikkeling speel, moet ook hulle ontwikkel, opgelei en vrygemaak word van probleme soos alkoholisme, armoede en ouerskapsonvermoë. Ouerleidingsprogramme word deurlopend aangebied om ouers te bemagtig in hul ouerskapvaardighede.
Caritas Gemeenskapsfokus beskik oor die dienste van ’n vaardige en toegewyde programbestuuder vir gemeenskapsontwikkeling asook ’n toesighouer vir die Vroeë Kindontwikkeling Sentrums (VKO’s). Die toesighouer moniteer die leerprogramme en spyskaarte van die sentrums. Sy is opgelei in die AmazingBrainz-program en doen opleiding en praktykleiding.
Vroeëkindontwikkeling Sentrums wat gevestig is en funksioneer:
Vroeëkindontwikkeling Sentrums wat in beplanningsfase is:
Programbestuurder: Caritas Gemeenskapsontwikkeling
Me. Judith de Villiers
Fisiese adres:
Lawsonstraat 72
Kimberley
Kantoor-ure:
Maandag tot Vrydag vanaf 08h00 tot 16h30
Kontakbesonderhede:
Telefoon 053- 832 8153
Faks 053- 832 8212
E-Pos judith@caritas.org.za