eNuus Noord-Kaapland


Ds. FD (Francois Daniël) Hugo groet na 37 jaar vir Noord-Kaapland. FD tree af op 1 Augustus 2017. FD was vanaf 1980 tot 2008 predikant van die Ned. Geref. Kerk Kimberley-Vooruitsig. Sedert 2008 was hy Hoof Uitvoerende Direkteur Caritas Gemeenskapsfokus NPC. FD het sedert 2005 ook die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland by die Predikante […]

’n Onvoltooide manuskrip uit die pen van prof. WD (Willie) Jonker wat in ’n kelderkamer van sy woonstel in die Strand “ontdek” is, is pas gepubliseer. Die naam van die boek is: Die Regering van Christus in Sy Kerk. Geskiedenis van die ontwikkeling van die Gereformeerde Kerkreg. Dié manuskrip is in meer as een opsig […]

Noord-Kaapland is ’n doktor ryker. Ds. GJ (Gert) Duursema het Maandag sy doktorsgraad in teologie ontvang. Prof. IWC (Natie) van Wyk, een van die eksterne eksaminatore, skryf in sy evaluasieverslag: “Hierdie is ʼn proefskrif van buitengewone kwaliteit. Dit is een van die beste proefskrifte wat ek nog onder oë gehad het… Die proefskrif lewer ʼn […]

’n Werkswinkel oor missionale transformasie het op 27-29 Junie 2017 plaasgevind. Die tema van die werkswinkel is: Hoe gemaak met missionale transformasie in die gemeente? (Missionale kerkwees as strategie vir die NG Kerk in die 21ste eeu). Dr. WJ van der Merwe van die Hugenote Kollege was die aanbieder. 26 Persone het die werkswinkel bygewoon. […]

Die VKIS (Vryburgse Kring vir Interkerklike Skakeling) het op 20 Junie 2017 ’n werkswinkel vir kerkpersoneel van die Ned. Geref. Kerk in Afrika gereël. Die VKIS vergader kwartaalliks. Sake van gemeenskaplike belang word by die VKIS bespreek. Kerke word bemagtig sonder om die selfstandigheid van die deelnemende kerke te beperk. Die werkswinkel vir kerkpersoneel is […]

Die afgelope naweek het Yonder se jaarlikse Ouernaweek plaasgevind. Tydens ’n dinee Vrydagaand is ’n terugblik op die afgelope 50 jaar gegee: “Toeka tot Nou”. Die Noord-Kaaplandse Geestesgesondheidsvereniging is op 29 Mei 1951 gestig. Mense met verstandelike gestremdhede is vroeër jare vrygestel van skoolopleiding, want hulle is as onopvoedbaar, maar opleibaar beskou. Me. Trudie van […]