eNuus Noord-Kaapland

Teken In Op Ons Nuusbrief

Watter nuusbrief wil jy ontvang:


Jan Terlouw is ’n uitsonderlike persoon en skrywer wat ’n blywende invloed op my lewe gelaat het. Het jy al die pragtige verhaal oor die skuifelende kerke van Katoren uit sy boek Koning van Katoren gelees? Op 1 Desember 2016 het die Nederlandse TV-program De wêreld draait door ’n besonderse onderhoud met Jan Terlouw op […]

Die konferensie gedurende die ringsitting van die ring van Griekwastad op 3-4 September 2017 is gelei deur dr. Gert Duursema met die tema: Die regering van Christus in Sy Kerk. Dit was ’n toeligting van dr. Duursema se gepubliseerde doktorale proefskrif: Communio Sanctorum – Gereformeerde Kerkreg versus Kerklike Geskeidenheid. ’n Biografiese Bibliografie van WD Jonker […]

Na ’n paar jaar van swoeg en sweet is Caritas Gemeenskapsfokus se resepteboek uiteindelik hier! 50 Boerekosgeregte is die naweek bekendgestel deur die bekende reisiger-skrywer, Dana Snyman (wat ook die voorwoord gedoen het). Die resepteboek word uitgegee deur Lapa Uitgewers en is beskikbaar teen R160 by meeste boekwinkels asook op Lapa Uitgewers se webtuiste. Skakel […]

Twee ringe het tydens hulle ringsitting partner-bome geplant. Die ring van Griekwastad op 3 September en die ring van Kimberley op 4 September. Tydens die geleenthede is ’n liturgie vir die boomplanting gevolg. ’n Liturgie vir ’n boomplanting kan hier besigtig word: Liturgie vir Boomplanting

Die tyd het aangebreek dat die Ned. Geref. Kerk Noord-Kaapland hom tooi met ’n nuwe “baadjie”. Die “ou” webbladsy asook weeklikse elektroniese nuus(eNuus) het net nie meer tred met nuwe ontwikkeling gehou nie. Een van die belangrikste oogmerke van die nuwe voorkoms is dat dit selfoonvriendelik moet wees en aan die KISS-beginsels moet voldoen. KISS […]

Op 16 Augustus is ’n werkswinkel vir skribas vir die ring van Deben deur ds. Mossie Mostert en me. Estha Badenhorst van die sinodale kantoor aangebied. Dit het by die Ned. Geref. Kerk Kuruman-Die Oog plaasgevind. Nege persone het die werkswinkel bygewoon. Ook hier het ’n gekwalifiseerde rekenmeester (SAIPA) die werkswinkel bygewoon. Een van die […]

Op 15 Augustus is ’n werkswinkel vir skribas vir die ring van Mafikeng deur ds. Mossie Mostert en me. Estha Badenhorst van die sinodale kantoor aangebied. Dit het by die Ned. Geref. Kerk Stella plaasgevind. Twaalf persone het die werkswinkel bygewoon. Dit was ’n diverse groep wat bestaan het uit: 3 predikante, ’n ouderling wat […]

Ds. Keydy O’Callaghan skryf: Dit het ’n lang storie! In 1961 vra ’n jong onderwyseres (nou tannie Barbara Kotze, tans ouderling) vir die destydse kerkraad om ’n maatskaplike werker aan te stel. Haar motivering was dat daar soveel sukkelende gesinne is met stukkende kinders wat ernstige hulp en terapie nodig het. Die kerkraad keur dit […]