Hospitaal Oornaghuis

Besprekings en navrae:
Vir alle besprekings, navrae en tariewe skakel:
Telefoon   082 488 2098 of  087 150 5017
Selfoon     082 558 7190
Faks         053-832 7237
E-Pos       [email protected]

Kantoor-ure:
Maandag tot Vrydag vanaf 08h00 tot 16h30

Fisiese adres:
Lawsonstraat 72
Kimberley

Posadres:
Posbus 110677
Hadison Park
8306

Klik op skakel vir ’n kaart

Die Hospitaal Oornaghuis bestaan uit

  • 11 enkelkamers
  • 4 dubbelkamers
  • 2 Familie woonstelle met 2 kamers (1 x dubbelbed en 2 x enkelbeddens) met yskas en mikrogolf
  • 2 Familie eenhede – 1 kamer (1 x dubbelbed en 2 x enkelbeddens) met yskas en mikrogolf
  • 2 Luukse gastekamers met TV, yskas en mikrogolf
  • 2 Gestremde kamers
    • Een kamer het dubbelbed met aangepaste toilet en stortgeriewe
    • Een kamer het enkelbed met aangepaste toilet en stortgeriewe
  • Alle kamers is en-suite
  • Veilige onderdak parkering vir 27 motors

Dubbelkamer

Enkelkamer

Doel van Oornaghuis:

  • Die primêre doel van die Hospitaal Oornaghuis is om bekostigbare verblyf te verskaf aan plattelandse pasiënte en hulle families tydens doktersbesoeke, óf wanneer hulle as buitepasiënte behandeling ontvang óf wanneer hulle gehospitaliseer word. Vanaf die stigting van die Hospitaal Oornaghuis was die oogpunt om ’n diens te verskaf. Die Hospitaal Oornaghuis is vir enige persoon t.o.v. siekte/hospitalisasie.
  • As sekondêre doel verskaf die Oornaghuis ook verblyf tydens kerklike vergaderings en ook aan lidmate wat die stad vir ander redes besoek, indien daar plek beskikbaar is.
  • Die versorging van die leraars van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland en hulle gesinne geniet hoë prioriteit.

Hospitaalbearbeiding:
Die Caritas Gemeenskapsfokus beskik oor en organiseer ’n span vrywilligers om pasiënte in hospitale in Kimberley te besoek as ’n diens aan plattelandse gemeentes. Die volgende hospitale word besoek: Kimberley Hospitaal, Medi-Clinic Hospitale, Gariep Medi-Clinic, Hospice en Lenmed. Indien ’n pasiënt behoefte het aan gesprek met ’n leraar, word dit gereël.
Plattelandse leraars kry eenmaal per kwartaal inligting oor lidmate wat besoek is. Indien dringende besoeke nodig is, kan leraars die volgende nommer skakel en die nodige reëlings sal getref word:
Sandra Walles   083 578 7177

Assistent bestuurder:
Eleanor Kriel