AGTERGROND
Die sinodale gebied van die Noord-Kaap bestaan uit ’n oorwegend plattelandse gebied, met slegs 2 medium grootte stede (Kimberley en Upington).
BEDIENING AAN PREDIKANTE
Hierdie omgewingsfaktore veroorsaak dat gemeentes dikwels slegs jong leraars kan bekostig. Veral in hierdie kleiner gemeentes – word ook baie gebruik gemaak van emeriti wat in termynbepaalde poste aangestel word om hierdie gemeentes te bedien. Vir baie is dit die eerste kennismaking met die bediening in ‘n klein of kleierwordende gemeente en verstaan hulle nie altyd die unieke dinamika binne ‘n klein gemeente nie. Verder word leraars deel van die afgesonderdheid en eensaamheid wat die diep platteland kenmerk. In baie gemeenskappe is die predikant ook ’n “outsider” wat eers na jare deur die gemeenskap aanvaar word as “een van ons”. Daarmee saam is die emosionele druk baie erger op die predikant om dinge te doen wat nie deel is van sy/haar bediening nie en om alles te wees vir almal ongeag wat sy/haar natuurlike gawes of belangstellings is Baie maklik kan nie net jong predikante nie, maar ook ouer leraars hulle entoesiasme vir die bediening verloor en/of depressief raak.
In sulke omstandighede is dit essensieel/lewensnoodsaaklik om ’n mentor te hê wat jou kan begelei, ’n klankbord kan wees en ’n ander perspektief (objektief) op jou situasie (en jouself) kan gee, sowel as saam met jou navorsing/studie kan doen oor jou bediening.. So kan predikante ook verborge vermoëns ontdek deur self-opgelegde beperkings te oorkom.
Die mentorprogram hou voordele in vir die sinode van Noord-Kaap deurdat beginnende predikante, predikante langer in die bediening, en voor en na emeritaat begelei kan word om bedieningsvreugde in hulle bediening te beleef omdat:
“Daarom kan mentorskap kort beskryf word as die proses waarin beide mentor en mentee by mekaar leer sodat elkeen en albei sodoende betekenisvol groei in insig, denke en funksionering in die eie konteks.”
Gemeentes gaan nie alleen baat vind by ‘n uitgesorteerde leraar nie maar die beginsels van mentorskap wat die leraar beleef en toepas gaan eindelik ook in die gemeente geïmplementeer word. Dit beteken dat mentorskap nie net op leiersvlak voordele inhou nie maar ook lidmate gaan bemagtig om emosioneel/geestelik mekaar te begin mentor.