Op 14 Mei 2014 is ’n splinternuwe NG Welsyn op die terrein van die sinodale sentrum van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland in Kimberley (Lawsonstraat 72) bekendgestel.
Die sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland het in 2010 besluit dat ’n maatskappy sonder winsoogmerk opgerig moet word waarin NG Welsyn Noord-Kaap geplaas kan word.
Die maatskappy sonder winsoogmerk vir die bedryf van die dienste van NG Welsyn Noord-Kaap is opgerig. Die NG Kerk Kinderhuis, NG Welsyn Kimberley en NG Welsyn Vryburg is in dieselfde nie-winsgewende maatskappy geplaas as NG Welsyn Noord-Kaap.
NG Welsyn Noord-Kaap staan voortaan bekend staan as Caritas Gemeenskapsfokus NPC.
Visie
Caritas Gemeenskapsfokus streef na die heling van die mens in sy gemeenskap.
Missie
In naloop van Jesus Christus dra Caritas Gemeenskapsfokus in liefde by tot die:
• herstel en ontwikkeling van gemeenskappe
• bemagtiging van gesinne
• beskerming en versorging van kinders en ouer persone
• heling deur gespesialiseerde terapie
Waardes
• Geloof
• Hoop
• Liefde