Caritas Gemeenskapsfokus het die afgelope week hul Caritas Fietsry Ambassadeurs vir 2021/2022 bekend gestel. 54 fietsryers is hierdie jaar gekies om die missie en visie van Caritas uit te dra, naamlik ‘die heling van die mens in sy gemeenskap’. Caritas Gemeenskapsfokus, ’n nie-winsgewende maatskappy, is ook betrokke by die ‘Red ‘n Plaas’ projek van die NG Kerk in Noord-Kaapland waar hulp verleen word aan die droogtegeteisterde gebiede deur middel van die organisering en verspreiding van humanitêre hulp asook pastorale versorging aan gemeenskappe. Daarom dan ook die kleurvolle skapies op die hemde. Caritas wil verder verseker dat almal toegang het tot terapie en daarom het hulle ook ’n noodlyn beskikbaar gestel waar mense wat iemand nodig het om mee te praat, kan inbel en met ’n professionele persoon praat.
Hierdie noodnommer is 083 415 1484.
Vir meer inligting, of om by te dra tot die uitbreiding van hierdie diens, skakel gerus vir Esté van der Merwe by 087 150 5041 of stuur ’n e-pos na [email protected]
(Esté van der Merwe: Bemarkingsbestuurder Caritas Gemeenskapsfokus)