Die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Noord-Kaapland het 11 ringe. Dit beslaan ’n groot gedeelte van die provinsie Noord-Kaap en ’n klein gedeelte van die provinsie Noordwes.
In Noord-Kaap is 9 ringe en Noordwes is 2 ringe, naamlik die ring van Mafikeng en die ring van Reivilo.
Die ring van Kimberley is die oudste en word gekenmerk deur naamsverandering, afstigting en eenwording. Dié ring was oorspronklik die ring van Hoopstad – gestig in 13 Oktober 1898. In 1907 word die ring se naam verander na Dutoitspan. Op 25 September 1983 verdeel die ring in twee: Dutoitspan stig af van Kimberley. In 2003 word Dutoitspan weer een met Kimberley.
Die ring van Carnarvon is die “baba” in die sinodale gebied – dit is op 25 September 1980 gestig.
(Datum van eerste vergadering – eerste verskyning in Jaarboek)
Kimberley (oorspronklik: Hoopstad/Dutoitspan)
13 Oktober 1898 (ring van Hoopstad) = 1898
1907 verander na Dutoitspan = 1907
25 September 1983 (2 ringe: Dutoitspan en Kimberley) = 1984
2003 een geword met Kimberley = 2004
Warrenton
10 November 1919 = 1920
29 Oktober 1957 (stigtingsvergadering)
Griekwastad
29 Oktober 1924 = 1925
Upington
Eerste notule in argief begin 1938 (6de vergadering) = 1933
Hopetown
05 November 1940 = 1941
Kenhardt
01 Oktober 1941 = 1941
Reivilo
03 November 1949 = 1950
Mafikeng
22 September 1962 = 1962
Deben
19 Oktober 1979 (konstitueringsvergadering) = 1981
19 Augustus 1980
Hanover
27 Julie 1980 = 1981
Carnarvon
19 Oktober 1979 (stigtingsvergadering) = 1981
25 September 1980