Die opdragte van die sinodale kerkordekommissie is soos volg:
Die kerkordekommissie dien:
- Rangskik die Kerkregtelike besluite van die sinode en publiseer dit so gou as moontlik.
- Die gee van advies en hantering van sake van kerkregtelike aard.
- Tree namens die sinode in alle regsgedinge, geregtelike handelinge of dispute uitgesonderd dié oor eiendomme, goedere en fondse op.
- Die kerkordekommissie dien as appèlliggaam tussen sinodes.
- Die voorsitter van die kerkordekommissie dien op die algemene regskommissie as aktuarius.
- Aangesien die sinodale struktuur van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland nie voorsiening maak vir ’n sinodale kommissie/moderatuur/moderamen nie, wys die sinode die sinodale kerkordekommissie aan om op te tree in die plek van ’n sinodale kommissie/mode-ratuur/moderamen waar die Kerkorde of reglemente van die algemene sinode optrede vra van die sinodale kommissie/ moderatuur/moderamen.
Kommissie- en taakspanne-lede
SKOK-Kommissie-verteenwoordigers-taakspanne – 2022